Kruisverwysings → Genesis 27:40

En van jou swaard sal jy lewe, en jou broer sal jy dien. Maar as jy jou kragte inspan, sal jy sy juk van jou nek afruk.

swaard sal jy lewe

Genesis 32:6
En die boodskappers het na Jakob teruggekom en gesê: Ons het by u broer Esau gekom, en hy trek u alreeds tegemoet en vierhonderd man saam met hom.
Mattheüs 10:34
Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.

broer sal jy dien

Genesis 25:23
En die HERE het haar geantwoord: Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggaam; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en die oudste sal die jongste dien.
2 Samuel 8:14
En Dawid het wagposte in Edom uitgesit, in die hele Edom het hy wagposte uitgesit, en al die Edomiete het Dawid se knegte geword; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
1 Konings 11:15-17
Toe Dawid dan met Edom besig was, en Joab, die leërowerste, opgetrek het om die gesneuweldes te begrawe, het hy al wat manlik was, in Edom doodgeslaan — want ses maande lank het Joab daar gebly met die hele Israel totdat al die manlike persone in Edom deur hom uitgeroei was — maar Hadad het ontvlug, hy en saam met hom Edomitiese manne uit die dienaars van sy vader, om na Egipte te gaan; en Hadad was ’n jong seun.
2 Konings 14:7,10
Hý het die Edomiete in die Soutdal verslaan, tienduisend man, en Sela in die oorlog verower en dit Jókteël genoem, tot vandag toe. ... U het inderdaad die Edomiete verslaan, daarom is u hart hoogmoedig; geniet die eer en bly tuis. Waarom wil u u tog in die ongeluk stort, dat u sou val, u en Juda saam met u?
1 Kronieke 18:11-13
Dit het koning Dawid ook aan die HERE geheilig saam met die silwer en die goud wat hy van al die nasies geneem het, van die Edomiete en van die Moabiete en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en van die Amalekiete. Ook het Abísai, die seun van Serúja, die Edomiete in die Soutdal verslaan, agttienduisend. En hy het wagposte in Edom geplaas, sodat al die Edomiete knegte van Dawid geword het; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
2 Kronieke 25:11-12
Maar Amásia het moed geskep en sy manskappe aangevoer en die Soutdal ingetrek en die kinders van Seïr, tienduisend, verslaan. En tienduisend het die kinders van Juda lewendig as gevangenes weggevoer en hulle op die top van die krans gebring en hulle van die top van die krans afgegooi, sodat hulle almal verpletter is.
Psalms 60:10
Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; jubel oor My, o Filistéa!
Obadja 1:17-21
Maar op die berg Sion sal daar ontkoming wees, en dit sal ’n heiligdom wees; en die huis van Jakob sal sy besittings in besit neem. Dan sal die huis van Jakob ’n vuur wees en die huis van Josef ’n vlam, maar die huis van Esau ’n stoppel; en dié sal hulle aan die brand steek en hulle verteer, sodat daar geen oorblyfsel vir die huis van Esau sal wees nie, want die HERE het dit gespreek. Dan sal dié van die Suidland die gebergte van Esau, en dié van die Laeveld die land van die Filistyne in besit neem; en hulle sal die veld van Efraim en die veld van Samaría, en Benjamin Gílead in besit neem. Die ballinge van hierdie leërmag van die kinders van Israel sal die wat Kanaäniete is, tot by Sarfat verower; en die ballinge van Jerusalem, wat in Sefárad is, sal die stede van die Suidland in besit neem. Dan sal daar verlossers die berg Sion opgaan om die gebergte van Esau te oordeel, en die koninkryk sal aan die HERE toebehoort.

sy juk van jou nek afruk

2 Konings 8:20-22
In sy dae het die Edomiete van Juda afvallig geword en ’n koning oor hulle aangestel. Daarom het Joram oorgetrek na Saïr, en al die strydwaens saam met hom; en toe hy hom in die nag gereedgemaak het, het hy die Edomiete verslaan wat hom omsingel het, saam met die owerstes van die strydwaens; en die manskappe het na hulle tente gevlug. So het die Edomiete dan van Juda afvallig geword tot vandag toe; in dieselfde tyd het Libna afvallig geword.
2 Kronieke 21:8,10
In sy dae het die Edomiete van Juda afvallig geword en ’n koning oor hulle aangestel. ... So het die Edomiete dan van Juda afvallig geword, tot vandag toe; in dieselfde tyd het Libna afvallig geword onder sy mag uit, want hy het die HERE, die God van sy vaders, verlaat.
2 Kronieke 28:17
Bowendien het ook die Edomiete gekom en Juda verslaan en gevangenes weggevoer.