Kruisverwysings → Genesis 27:35

En hy antwoord: Jou broer het gekom met bedrog en jou seën weggeneem.

gekom met bedrog

Genesis 27:19-23
En Jakob sê aan sy vader: Ek is Esau, u eersgeborene. Ek het gedoen soos u my beveel het. Rig u tog op, sit en eet van my wildsvleis, dat u siel my kan seën. Daarop het Isak aan sy seun gesê: Hoe het jy dit so gou gekry, my seun? En hy antwoord: Omdat die HERE u God dit my laat teëkom het. En Isak sê vir Jakob: Kom tog nader, dat ek jou kan betas, my seun, of jy waarlik my seun Esau is of nie. En Jakob het nader gekom na sy vader Isak, en hy het hom betas en gesê: Die stem is Jakob se stem, maar die hande is Esau se hande. Maar hy het hom nie geëien nie, omdat sy hande harig was soos sy broer Esau se hande; en hy het hom geseën.
2 Konings 10:19
Roep dan nou al die profete van Baäl, al sy dienaars en al sy priesters na my toe; niemand moet gemis word nie, want ek het ’n groot offer aan Baäl. Elkeen wat gemis word, sal nie leef nie. Maar Jehu het dit met lis gedoen om die dienaars van Baäl te kan vernietig.
Job 13:7
Wil julle, tot verdediging van God, onreg spreek en ten behoewe van Hom bedrog laat hoor?
Maleagi 2:10
Het ons nie almal een Vader nie? Het een God ons nie geskape nie? Waarom handel ons dan troueloos met mekaar, deur die verbond van ons vaders te ontheilig?
Romeine 3:7-8
Maar as die waarheid van God deur my leuen oorvloediger geword het tot sy heerlikheid, waarom word ek dan nog as sondaar geoordeel? En moet ons nie liewer sê nie, soos ons belaster word en soos sommige beweer dat ons sê: Laat ons kwaad doen, sodat die goeie daaruit kan voortkom? Hulle veroordeling is regverdig.
2 Korinthiërs 4:7
Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.
1 Thessalonisense 4:6
dat niemand sy broeder in hierdie saak moet bedrieg en benadeel nie, omdat die Here ’n wreker is oor al hierdie dinge, soos ons aan julle ook vantevore gesê en betuig het.