Kruisverwysings → Genesis 27:33

Toe skrik Isak geweldig en sê: Wie is dit dan wat wild gejag en vir my gebring het? En ek het van alles geëet voordat jy gekom het, en hom geseën—ook sal hy geseënd bly!

skrik Isak geweldig

Job 21:6
JA, as ek daaraan dink, is ek glad verslae, en verskrikking gryp my vlees aan.
Job 37:1
JA, hiervoor beef my hart en spring op uit sy plek.
Psalms 55:6
Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my.

ook sal hy geseënd bly

Genesis 28:3-4
En mag God, die Almagtige, jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, sodat jy ’n menigte van volke kan word. En mag Hy jou gee die seën van Abraham, aan jou en jou nageslag saam met jou, dat jy die land van jou vreemdelingskap in besit kan neem wat God aan Abraham gegee het.
Johannes 10:10,28-29
Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. ... En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My Vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.
Romeine 5:20-21
Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword; sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.
Romeine 11:29
Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik.
Efésiërs 1:3
GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,
Hebreërs 11:20
Deur die geloof het Isak vir Jakob en Esau geseën met die oog op die toekoms.