Kruisverwysings → Genesis 27:3

Neem dan nou tog jou wapens, jou pylkoker en jou boog, en gaan uit in die veld en jag vir my ’n stuk wild

jou wapens

Genesis 10:9
Hy was ’n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE. Daarom sê hulle: Soos Nimrod, ’n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE.
Genesis 25:27-28
En die seuns het opgegroei: Esau het ’n ervare jagter geword, ’n man van die veld; maar Jakob was ’n vredeliewende man wat in tente gewoon het. En Isak het Esau liefgehad, want wildsvleis was na sy smaak; maar Rebekka het Jakob liefgehad.

jag vir my ’n stuk wild

1 Korinthiërs 6:12
ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie.