En Dawid sê aan die priester Ahiméleg: Die koning het my ’n opdrag gegee en aan my gesê: Laat geen mens iets van die saak weet waarvoor ek jou stuur en wat ek jou opdra nie. Daarom het ek die dienaars ’n sekere plek aangewys. ... Daarom het hy hom voor hulle oë kranksinnig aangestel en hom mal gehou onder hulle hand en op die deure van die poort gekrap en sy speeksel in sy baard laat afloop.
vra Agis: Waar het julle vandag ’n inval gedoen? Dan sê Dawid: In die Suidland van Juda en in die Suid-land van die Jeragmeëliete en in die Suidland van die Keniete.
’n Betroubare lip bestaan vir altyd, maar ’n valse tong vir ’n oomblik. ... Valse lippe is vir die HERE ’n gruwel, maar Hy het ’n welbehae in die wat getrou handel.
Maar as die waarheid van God deur my leuen oorvloediger geword het tot sy heerlikheid, waarom word ek dan nog as sondaar geoordeel? En moet ons nie liewer sê nie, soos ons belaster word en soos sommige beweer dat ons sê: Laat ons kwaad doen, sodat die goeie daaruit kan voortkom? Hulle veroordeling is regverdig.