En Jakob sê aan sy vader: Ek is Esau, u eersgeborene. Ek het gedoen soos u my beveel het. Rig u tog op, sit en eet van my wildsvleis, dat u siel my kan seën.
En Isak sê vir Jakob: Kom tog nader, dat ek jou kan betas, my seun, of jy waarlik my seun Esau is of nie. ... Hy het naamlik gevra: Is jy waarlik my seun Esau? En hy het geantwoord: Ja. Toe sê hy: Bring dit vir my nader, dat ek van die wildsvleis van my seun kan eet, sodat my siel jou kan seën. En hy het dit vir hom nader gebring, en hy het geëet. Hy het vir hom ook wyn gebring, en hy het gedrink.
Maar in die aand het hy sy dogter Lea geneem en haar na hom gebring; en hy het by haar ingegaan. En Laban het aan haar sy slavin Silpa gegee, naamlik aan sy dogter Lea, as slavin. En die anderdagmôre—daar was dit Lea! Daarom het hy aan Laban gesê: Wat het u my nou aangedoen? Was ek nie vir Ragel by u in diens nie? Waarom het u my dan bedrieg?
Maar hy sê vir hom: Ek is ook ’n profeet net soos jy, en ’n engel het met my gespreek deur die woord van die HERE en gesê: Bring hom terug saam met jou na jou huis, dat hy brood kan eet en water kan drink. Hy het vir hom gelieg.
En Jeróbeam het vir sy vrou gesê: Maak jou tog gereed en trek ander klere aan, sodat hulle nie kan merk dat jy die vrou van Jeróbeam is nie, en gaan na Silo; kyk, daar is die profeet Ahía wat van my gesê het dat ek koning oor hierdie volk sou word.
Omdat julle sê: Ons het ’n verbond met die dood gesluit, en met die doderyk het ons ’n verdrag aangegaan; as die golwende gésel deurtrek, sal hy na ons nie kom nie; want ons het die leuen ons skuilplek gemaak en ons in bedrog weggesteek —
En as iemand nog wil profeteer, sal sy vader en sy moeder wat hom verwek het, vir hom sê: Jy mag nie langer lewe nie, want jy het leuens in die Naam van die HERE verkondig; en sy vader en sy moeder wat hom verwek het, sal hom deurboor as hy wil profeteer. En in dié dag sal elkeen van die profete, as hy profeteer, hom skaam oor sy gesig; en hulle sal die harige mantel nie aantrek om te lieg nie.
Maar hy het dit voor almal ontken en gesê: Ek weet nie wat jy sê nie. En terwyl hy uitgaan na die poort toe, sien ’n ander diensmeisie hom en sê aan die wat daar was: Hierdie een was ook by Jesus, die Nasaréner. En met ’n eed ontken hy dit weer: Ek ken die man nie. Maar ’n bietjie later kom die wat daar staan, en sê vir Petrus: Waarlik, jy is ook een van hulle, want ook jou spraak maak jou bekend. Toe begin hy homself te verwens en te sweer: Ek ken die man nie.