Daarop sê hy: Sou hulle hom Jakob noem, omdat hy my nou twee keer onderkruip het? My eersgeboortereg het hy geneem, en daar het hy nou my seën geneem! Verder vra hy: Het u vir my geen seën oorgehou nie?
Vervloek is ook die bedrieër wat, terwyl daar onder sy kleinvee ’n manlike dier is, ’n gelofte doen en tog iets wat vermink is, aan die HERE offer; want Ek is ’n groot Koning, sê die HERE van die leërskare, en my Naam is gedug onder die heidene.