CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 26:4

En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word;

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 26:4 in konteks →

nageslag vermeerder

  1. Genesis 13:16

    16En Ek sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nageslag ook getel kan word.

  2. Genesis 15:5,18

    5Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees. … 18Op dié dag het die HERE met Abram ’n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:

  3. Genesis 17:4-8

    4Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van ’n menigte van nasies word. 5Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ’n vader van ’n menigte van nasies. 6En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom. 7En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ’n ewige verbond, om vir jou ’n God te wees en vir jou nageslag ná jou. 8En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ’n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ’n God wees.

  4. Genesis 18:18

    18terwyl Abraham tog sekerlik ’n groot en magtige nasie sal word en al die nasies van die aarde in hom geseën sal word?

  5. Genesis 22:17

    17dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.

  6. Hebreërs 11:2

    2Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang.

in jou nageslag

  1. Genesis 12:2-3

    2En Ek sal jou ’n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ’n seën sal wees. 3En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.

  2. Genesis 22:18

    18En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.

  3. Psalms 72:17

    17Mag sy naam vir ewig wees; mag sy naam uitspruit solank as die son daar is! En mag al die nasies in hom geseën word, hom gelukkig prys!

  4. Handelinge 3:25

    25En julle is kinders van die profete en van die verbond wat God met ons vaders gesluit het toe Hy vir Abraham gesê het: En in jou saad sal al die geslagte van die aarde geseën word.

  5. Galásiërs 3:8,16

    8En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word. … 16Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus.