CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 26:29

jy moet ons geen kwaad doen nie, net soos ons jou nie aangeraak en aan jou niks as goed gedoen het nie en jou in vrede weggestuur het. Jy is nou eenmaal die geseënde van die HERE.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 26:29 in konteks →

nie

  1. Genesis 26:11,14-15

    11Daarom gee Abiméleg bevel aan die hele volk en sê: Wie hierdie man of sy vrou aanraak, sal sekerlik gedood word. … 14hy het troppe kleinvee en beeste gehad en baie bediendes, sodat die Filistyne hom beny het. 15En al die putte wat die dienaars van sy vader in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, dié het die Filistyne toegestop en met grond opgevul.

geseënde

  1. Genesis 26:12

    12Isak het toe in dié land gesaai en daardie jaar honderdvoudig gewen, want die HERE het hom geseën.

  2. Genesis 12:2

    2En Ek sal jou ’n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ’n seën sal wees.

  3. Genesis 21:22

    22IN dié tyd het Abiméleg en Pigol, sy leërowerste, met Abraham gespreek en gesê: God is met jou in alles wat jy doen.

  4. Genesis 22:17

    17dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.

  5. Genesis 24:31

    31en gesê: Kom in, geseënde van die HERE! Waarom staan jy buitekant terwyl ek die huis reggemaak het en ook plek vir die kamele?

  6. Psalms 115:15

    15Julle is geseënd deur die HERE wat hemel en aarde gemaak het.