Kruisverwysings → Genesis 26:27

En Isak het hulle gevra: Waarom het julle na my gekom, terwyl julle my haat en my van julle af weggestuur het?

terwyl

Genesis 26:14,16
hy het troppe kleinvee en beeste gehad en baie bediendes, sodat die Filistyne hom beny het. ... Toe sê Abiméleg vir Isak: Trek weg van ons, want jy het vir ons veels te magtig geword.
Rigters 11:7
Maar Jefta antwoord die oudstes van Gílead: Het julle my nie gehaat en my uit my vader se huis weggejaag nie? Waarom kom julle dan nou na my, nou dat julle in die benoudheid sit?
Handelinge 7:9,14,27,35
En die aartsvaders was jaloers op Josef en het hom verkoop na Egipte toe; maar God was met hom ... Toe het Josef gestuur en sy vader Jakob laat roep en sy hele familie, vyf-en-sewentig siele. ... Maar hy wat sy naaste onreg aangedoen het, het hom afgestoot en gesê: Wie het jou as ’n owerste en regter oor ons aangestel? ... Hierdie Moses wat hulle verloën het deur te sê: Wie het jou aangestel as ’n owerste en regter? — hom het God as owerste en verlosser gestuur deur die hand van die Engel wat aan hom verskyn het in die doringbos.
Openbaring 3:9
Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg — Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.