Kruisverwysings → Genesis 26:22

Toe het hy vandaar versit en ’n ander put gegrawe, en daaroor is nie getwis nie. Daarom het hy dit Réhobot genoem en gesê: Ja, nou het die HERE vir ons ruimte gemaak en kan ons vrugbaar wees in die land.

HERE

Psalms 4:1-2
VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. ’n Psalm van Dawid. As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed!
Psalms 18:20
En Hy het my uitgelei in die ruimte; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het.
Psalms 118:5
Uit die benoudheid het ek die HERE aangeroep; die HERE het my verhoor in die ruimte.

vrugbaar wees

Genesis 17:6
En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom.
Genesis 28:3
En mag God, die Almagtige, jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, sodat jy ’n menigte van volke kan word.
Genesis 41:52
En die tweede het hy Efraim genoem; want, het hy gesê, God het my vrugbaar gemaak in die land van my ellende.
Eksodus 1:7
Maar die kinders van Israel was vrugbaar en het baie geword, en hulle het vermeerder en buitengewoon magtig geword, sodat die land vol was van hulle.