Kruisverwysings → Genesis 26:19

En terwyl die dienaars van Isak in die dal grawe, vind hulle daar ’n put met lewendige water.

lewendige water

Hooglied 4:15
U is ’n fontein van die tuine, ’n put met lewende water wat van die Líbanon afvloei.
Johannes 4:10-11
Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het. Die vrou sê vir Hom: Here, U het nie eens ’n skepding nie, en die put is diep; waarvandaan kry U dan die lewende water?
Johannes 7:38
Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.