Kruisverwysings → Genesis 26:18

En Isak het die putte weer oopgegrawe wat hulle in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, en wat die Filistyne ná die dood van Abraham toegestop het, en dit genoem na die name wat sy vader daaraan gegee het.

genoem na die name

Genesis 21:31
Daarom noem hulle dié plek Berséba, omdat hulle twee daar gesweer het.
Númeri 32:38
en Nebo en Baäl-Meon—met verandering van die name—en Sibma; en hulle het die stede wat hulle gebou het, name gegee.
Psalms 16:4
Die smarte van hulle wat ’n ander god met gawes vereer, sal menigvuldig wees; ek sal hulle drankoffers van bloed nie uitgiet en hulle name op my lippe nie neem nie.
Hoséa 2:16
Dan verwyder Ek die name van die Baäls uit haar mond, sodat hulle by hul naam nie meer genoem sal word nie.
Sagaría 13:2
En in dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek die name van die afgode uit die land uitroei, sodat aan hulle nie meer gedink sal word nie; en ook die profete en die onreine gees sal Ek uit die land laat wegtrek.