CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 26:10

En Abiméleg sê: Wat het jy ons nou aangedoen? Hoe maklik kon een van die mense met jou vrou gemeenskap gehad en jy ’n skuld oor ons gebring het!

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 26:10 in konteks →

skuld oor ons gebring

  1. Genesis 12:18-19

    18Daarop laat Farao Abram roep en hy sê: Wat het jy my nou aangedoen? Waarom het jy my nie te kenne gegee dat sy jou vrou is nie? 19Waarom het jy gesê: Sy is my suster—sodat ek haar vir my as vrou geneem het? Daar is jou vrou dan nou; neem haar en gaan weg.

  2. Genesis 20:9-10

    9En Abiméleg het Abraham laat roep en hom gevra: Wat het jy ons aangedoen? En wat het ek teen jou gesondig, dat jy oor my en my koninkryk ’n groot sonde gebring het? Dinge wat nie mag gebeur nie, het jy my aangedoen. 10Verder sê Abiméleg vir Abraham: Wat was jou bedoeling dat jy dit gedoen het?