Kruisverwysings → Genesis 25:33

Toe antwoord Jakob: Sweer eers vir my. En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop.

Sweer eers vir my

Genesis 14:22
Toe antwoord Abram die koning van Sodom: Ek hef my hand op tot die HERE, God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde,
Genesis 24:3
dat ek jou kan laat sweer by die HERE, die God van die hemel en die God van die aarde, dat jy vir my seun geen vrou sal neem uit die dogters van die Kanaäniete onder wie ek woon nie;
Markus 6:23
En hy het vir haar gesweer: Net wat jy my vra, sal ek jou gee, al was dit ook die helfte van my koninkryk.
Hebreërs 6:16
Want mense sweer by een wat meer is, en die eed van bevestiging is vir hulle die einde van alle teëspraak.

sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop

Genesis 27:36
Daarop sê hy: Sou hulle hom Jakob noem, omdat hy my nou twee keer onderkruip het? My eersgeboortereg het hy geneem, en daar het hy nou my seën geneem! Verder vra hy: Het u vir my geen seën oorgehou nie?
Genesis 36:6-7
Toe neem Esau sy vroue en sy seuns en sy dogters en al die mense van sy huis, sy vee en al sy diere en al sy besittings wat hy in die land Kanaän verwerf het, en hy trek na ’n land, wég van sy broer Jakob af; want hulle besittings was te groot om saam te woon, en die land van hulle vreemdelingskap kon hulle nie dra vanweë hulle vee nie.
Hebreërs 12:16
Laat niemand ’n hoereerder wees nie, of ’n onheilige soos Esau, wat vir één spysgereg sy eersgeboortereg verkoop het.