Kruisverwysings → Genesis 25:32

En Esau sê: Kyk, ek gaan sterwe, en wat baat die eersgeboortereg my dan?

wat baat

Job 21:15
Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? En wat baat dit ons dat ons biddend by Hom aandring?
Job 22:17
wat tot God gesê het: Bly ver van ons af! en: Wat kan die Almagtige ons aandoen?
Job 34:9
Want hy het gesê: Dit baat ’n man niks dat hy ’n welgevalle aan God het nie.
Maleagi 3:14
Julle het gesê: Dit is tevergeefs om God te dien, en wat baat dit ons om sy verordening te onderhou en in rouklere voor die aangesig van die HERE van die leërskare te wandel?

eersgeboortereg

Deuteronómium 21:15-17
AS ’n man twee vroue het, een wat hy liefhet en een wat hy nie liefhet nie, en hulle baar vir hom seuns, sowel die geliefde as die nie-geliefde vrou, en die eersgebore seun behoort aan die nie-geliefde vrou, dan mag hy, op die dag as hy sy seuns sy besittings laat erwe, nie die eersgeboortereg aan die seun van die geliefde vrou gee tot nadeel van die seun van die nie-geliefde vrou, die eersgeborene, nie. Maar hy moet die eersgeborene, die seun van die nie-geliefde vrou, erken deur aan hom ’n dubbele deel te gee van alles wat hy besit; want hy is die eersteling van sy krag: die eersgeboortereg is syne.