Kruisverwysings → Genesis 25:30

Toe sê Esau vir Jakob: Laat my tog sluk van die rooigoed daar, want ek is moeg. Daarom het hulle hom Edom genoem.

rooigoed daar

Genesis 36:1,9,43
EN dit is die geskiedenis van Esau, dit is Edom. ... Dit is dan die geskiedenis van Esau, die vader van die Edomiete, in die gebergte Seïr. ... die stamhoof Mágdiël, die stamhoof Iram. Dit is die stamhoofde van Edom, volgens hulle verblyfplekke in die land van hulle besitting. Dit is Esau, die stamvader van die Edomiete.
Eksodus 15:15
Toe is die stamhoofde van Edom verskrik, bewing het die magtiges van Moab aangegryp. Al die inwoners van Kanaän het gebewe.
Númeri 20:14-21
Daarna het Moses uit Kades boodskappers na die koning van Edom gestuur: So sê jou broer Israel: Jy weet self al die moeilikheid wat ons oorgekom het. Ons vaders het na Egipte afgetrek, en ons het baie dae in Egipte gewoon, en die Egiptenaars het ons en ons vaders sleg behandel. Toe het ons die HERE aangeroep, en Hy het ons stem gehoor: Hy het ’n Engel gestuur en ons uit Egipte uitgelei. Hier is ons nou in Kades, ’n stad op die grens van jou grondgebied. Laat ons tog deur jou land trek: ons sal nie deur lande of wingerde trek nie en die water uit die putte nie drink nie; ons sal die koningsweg hou; ons sal nie regs of links uitdraai nie, totdat ons deur jou grondgebied getrek het. Maar Edom antwoord hom: Jy sal deur my nie trek nie, anders sal ek jou met die swaard tegemoettrek. Toe sê die kinders van Israel vir hom: Ons sal met die grootpad trek, en as ons van jou water drink, ek en my vee, gee ek die prys daarvoor. Laat my net te voet deurtrek—verder niks nie. Maar hy antwoord: Jy sal nie deurtrek nie. En Edom het uitgetrek hom tegemoet met baie manskappe en met ’n sterk hand. So het Edom dan geweier om Israel toe te laat om deur sy grondgebied te trek. Daarop het Israel van hom af weggedraai.
Deuteronómium 23:7
Die Edomiet moet jy nie as ’n gruwel beskou nie, want hy is jou broer; die Egiptenaar moet jy nie as ’n gruwel beskou nie, want jy was ’n vreemdeling in sy land.
2 Konings 8:20
In sy dae het die Edomiete van Juda afvallig geword en ’n koning oor hulle aangestel.