Kruisverwysings → Genesis 25:3

En Joksan was die vader van Skeba en Dedan; en die kinders van Dedan was die Assuriete, Letusiete en Leümmiete.

Skeba

1 Konings 10:1
EN toe die koningin van Skeba die gerug van Salomo hoor in verband met die Naam van die HERE, het sy gekom om hom met raaisels op die proef te stel.
Job 6:19
Die karavane van Tema het uitgekyk, die reisigers van Skeba het daarop gewag.
Psalms 72:10
Die konings van Tarsis en van die eilande sal geskenke aanbied, die konings van Skeba en Seba belasting aanbring.

Dedan

Jeremia 25:23
Dedan en Tema en Bus en almal wat die rand van hulle hare wegskeer;
Jeremia 49:8
Vlug, draai om, skuil diep weg, o inwoners van Dedan! Want Ek het die ondergang van Esau oor hom gebring, die tyd dat Ek oor hom besoeking doen.
Esegiël 25:13
daarom, so sê die Here HERE: Ek sal my hand uitstrek teen Edom en daaruit mens en dier uitroei; en Ek sal dit ’n puinhoop maak van Teman af, en tot by Dedan sal hulle deur die swaard val.
Esegiël 27:20
Dedan het met jou handel gedrywe in saalkleedjies om op te ry.

Assuriete

2 Samuel 2:9
en hom koning gemaak oor Gílead en oor die Asuriete en oor Jísreël en oor Efraim en oor Benjamin en oor die hele Israel.
Esegiël 27:6
Van eikebome uit Basan het hulle jou roeispane gemaak; jou dek het hulle gemaak uit ivoor, ingelê in dennehout uit die kuslande van die Kittiërs.