Kruisverwysings → Genesis 25:29

En Jakob het ’n kooksel klaargemaak, en Esau het moeg uit die veld gekom.

Esau het moeg uit die veld gekom

Rigters 8:4-5
En Gídeon het gekom by die Jordaan, en hy en die driehonderd man wat by hom was, het oorgetrek, moeg en besig om te agtervolg. En hy sê aan die manne van Sukkot: Gee tog broodjies vir die manskappe wat op my voetspore volg, want hulle is moeg, en ek is besig om Seba en Sálmuna, die konings van die Midianiete, agterna te jaag.
1 Samuel 14:28,31
Daarop spreek een van die manskappe hom aan en sê: Jou vader het die manskappe met hierdie dure eed besweer: Vervloek is die man wat vandag iets eet. Daarom is die volk afgemat. ... Maar dié dag het hulle die Filistyne verslaan van Migmas af na Ájalon toe, en die manskappe was baie afgemat.
Spreuke 13:25
Die regverdige eet totdat hy versadig is; maar die maag van die goddelose ly gebrek.
Jesaja 40:30-31
Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.