Kruisverwysings → Genesis 25:26

En daarna is sy broer gebore, terwyl sy hand die hakskeen van Esau vashou. Daarom het hulle hom Jakob genoem. En Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte.

daarna is sy broer gebore

Genesis 38:28-30
En terwyl sy baar, het een die hand uitgesteek; en die vroedvrou het dit gegryp en ’n rooi draad om sy hand gebind en gesê: Hierdie een is eerste gebore. Maar toe hy sy hand teruggetrek het, word sy broer gebore! En sy sê: Hoe kragtig het jy deurgebreek! En hulle het hom Peres genoem. En daarna is sy broer gebore aan wie se hand die rooi draad was. En hulle het hom Serag genoem.

hakskeen van Esau vashou

Hoséa 12:4
In die moederskoot het hy sy broer by die hakskeen gehou, en in sy manlike krag het hy met God geworstel.

Jakob

Genesis 27:36
Daarop sê hy: Sou hulle hom Jakob noem, omdat hy my nou twee keer onderkruip het? My eersgeboortereg het hy geneem, en daar het hy nou my seën geneem! Verder vra hy: Het u vir my geen seën oorgehou nie?