Kruisverwysings → Genesis 25:20

En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van Bétuel, die Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het.

vrou geneem het

Genesis 22:23
(En Bétuel was die vader van Rebekka.) Hierdie agt het Milka vir Nahor, die broer van Abraham, gebaar.
Genesis 24:67
En Isak het haar in die tent van sy moeder Sara ingebring en Rebekka geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het haar liefgehad. So is Isak dan getroos ná die dood van sy moeder.

die Arameër

Genesis 24:29
En Rebekka het ’n broer gehad met die naam van Laban, en Laban het uitgeloop na die man buite by die fontein.
Genesis 28:5-6
So het Isak Jakob dan weggestuur, en hy het na Paddan-Aram gegaan, na Laban, die seun van Bétuel, die Arameër, die broer van Rebekka, die moeder van Jakob en Esau. Toe Esau sien dat Isak Jakob geseën en hom na Paddan-Aram weggestuur het om daar vir hom ’n vrou te gaan haal, terwyl hy hom geseën en hom bevel gegee het met die woorde: Jy mag geen vrou uit die dogters van Kanaän neem nie;
Genesis 31:18,20,24
en hy voer al sy vee weg en al sy goed wat hy versamel het, die vee wat syne was, wat hy in Paddan-Aram versamel het, om te gaan na sy vader Isak in die land Kanaän. ... En Jakob het Laban, die Arameër, mislei deur hom nie te vertel dat hy wou vlug nie. ... Maar God het na Laban, die Arameër, in die nag gekom in ’n droom en vir hom gesê: Pas nou op dat jy met Jakob geen goed of kwaad spreek nie.
Genesis 35:9
Toe verskyn God weer aan Jakob, by sy terugkoms uit Paddan-Aram, en Hy seën hom;
Deuteronómium 26:5
Dan moet jy voor die aangesig van die HERE jou God verklaar en sê: My vader was ’n swerwende Arameër en het na Egipte afgetrek en daar as vreemdeling vertoef met min mense; maar hy het daar ’n groot, magtige en talryke nasie geword.
Lukas 4:27
En daar was baie melaatses in Israel in die tyd van Elísa, die profeet, en nie een van hulle is gereinig nie, behalwe Naäman, die Síriër.