Kruisverwysings → Genesis 25:2

En sy het vir hom Simran en Joksan en Medan en Mídian en Jisbak en Suag gebaar.

sy het vir hom

1 Kronieke 1:32-33
En die seuns van Ketúra, die byvrou van Abraham. Sy het gebaar: Simran en Joksan en Medan en Mídian en Jisbak en Suag. En die seuns van Joksan was Skeba en Dedan. En die seuns van Mídian was: Efa en Efer en Henog en Abída en Éldaä. Hulle almal was seuns van Ketúra.
Jeremia 25:25
en al die konings van Simri en al die konings van Elam en al die konings van Médië;

Mídian

Genesis 36:35
En ná die dood van Husam het Hadad, die seun van Bedad, wat die Midianiete verslaan het in die veld van Moab, in sy plek geregeer, en die naam van sy stad was Awit.
Genesis 37:28,36
En toe Midianitiese koopmans verbykom, het hulle Josef uit die put uit opgetrek en uitgehaal en Josef aan die Ismaeliete verkoop vir twintig sikkels silwer. En húlle het Josef na Egipte gebring. ... En die Midianiete het hom na Egipte verkoop aan Pótifar, ’n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag.
Eksodus 2:15-16
En toe Farao van dié saak hoor, het hy probeer om Moses dood te maak. Maar Moses het van Farao af weggevlug en in die land Mídian gaan woon. En hy het by ’n put gesit. En die priester van Mídian het sewe dogters gehad: dié het gekom om te put en die drinkbakke vol te maak om hulle vader se kleinvee te laat drink.
Eksodus 18:1-4
TOE Jetro, die priester van Mídian, Moses se skoonvader, hoor alles wat God aan Moses en aan sy volk Israel gedoen het—dat die HERE Israel uit Egipte uitgelei het— het Jetro, Moses se skoonvader, Sippóra, die vrou van Moses, geneem—nadat hy haar teruggestuur het— en haar twee seuns. (Die naam van die een was Gersom, want hy het gesê: Ek het ’n vreemdeling geword in ’n vreemde land; en die naam van die ander was Eliëser; want, het hy gesê, die God van my vader is my hulp en het my van Farao se swaard verlos.)
Númeri 22:4
Toe sê Moab vir die oudstes van Mídian: Nou sal hierdie menigte opeet alles wat rondom ons is, soos ’n bees die groenigheid van die veld opeet. En Balak, die seun van Sippor, was dié tyd koning van Moab.
Númeri 25:17-18
Behandel die Midianiete as vyand en verslaan hulle, want hulle het julle as vyand behandel deur hulle liste wat hulle teen julle bedink het in die saak van Peor en in die saak van Kosbi, die dogter van die vors van Mídian, hulle landgenoot, wat op die dag van die plaag weens Peor verslaan is.
Númeri 31:2,8
Neem wraak vir die kinders van Israel op die Midianiete; daarna sal jy by jou volksgenote versamel word. ... Ook het hulle die konings van Mídian gedood by die wat hulle verslaan het: Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba, die vyf konings van Mídian; ook het hulle Bíleam, die seun van Beor, met die swaard gedood.
Rigters 6:1-8
MAAR toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Midianiete, sewe jaar lank. En die Midianiete het die oorhand oor Israel gekry; vanweë die Midianiete het die kinders van Israel vir hulle die slote gemaak wat op die berge is, en die gate en die bergvestings. Want as Israel gesaai het, dan trek die Midianiete en Amalekiete en die kinders van die Ooste uit, en trek teen hulle op, slaan laers teen hulle op en verwoes die opbrings van die land in die rigting na Gasa, en hulle laat geen lewensmiddele, geen skaap of bees of esel in Israel oorbly nie. Want hulle het met hul vee en hul tente opgetrek en gekom soos sprinkane in menigte, terwyl hulle en hul kamele ontelbaar was; so het hulle dan die land ingekom om dit te verwoes. En Israel het deur die Midianiete baie arm geword, maar die kinders van Israel het die HERE aangeroep. En toe die kinders van Israel die HERE aanroep vanweë die Midianiete, het die HERE ’n profeet na die kinders van Israel gestuur, en dié het vir hulle gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek self het julle laat optrek uit Egipte en julle uit die slawehuis uitgelei

Suag

Job 2:11
EN toe die drie vriende van Job hoor van al hierdie onheile wat hom getref het, het hulle gekom, elkeen uit sy woonplek: Élifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet; en hulle het volgens afspraak byeengekom om hom hul deelneming te betuig en hom te troos.