Kruisverwysings → Genesis 25:19

EN dit is die geskiedenis van Isak, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak.

Abraham was die vader van Isak

1 Kronieke 1:32
En die seuns van Ketúra, die byvrou van Abraham. Sy het gebaar: Simran en Joksan en Medan en Mídian en Jisbak en Suag. En die seuns van Joksan was Skeba en Dedan.
Mattheüs 1:2
Abraham was die vader van Isak, en Isak die vader van Jakob, en Jakob die vader van Juda en sy broers;
Lukas 3:34
die seun van Jakob, die seun van Isak, die seun van Abraham, die seun van Tera, die seun van Nahor,
Handelinge 7:8
En Hy het hom die verbond van die besnydenis gegee, en so het hy die vader van Isak geword en hom op die agtste dag besny; en Isak het die vader van Jakob geword, en Jakob van die twaalf aartsvaders.