Háwila
- Genesis 2:11
11Die naam van die eerste is die Pison. Dit is hy wat om die hele land Háwila loop waar die goud is.
- Genesis 10:7,29
7En die seuns van Kus was: Seba en Háwila en Sabta en Raéma en Sábtega. En die seuns van Raéma: Skeba en Dedan. … 29en Ofir en Háwila en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan.
- Genesis 20:1
1EN Abraham het daarvandaan weggetrek na die Suidland en gaan woon tussen Kades en Sur en in Gerar as vreemdeling vertoef.
- Genesis 21:14,21
14Toe is Abraham die môre vroeg op, en hy het brood en ’n sak met water geneem en dit aan Hagar gegee deur dit op haar skouer te sit, en ook die kind, en haar weggestuur. Sy het toe weggegaan en rondgedwaal in die woestyn van Berséba. … 21hy het in die woestyn Paran gewoon; en sy moeder het vir hom ’n vrou uit Egipteland geneem.
in die rigting van
- Genesis 13:10
10Toe slaan Lot sy oë op en sien dat die hele Jordaanstreek oral volop water het; voordat die HERE Sodom en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting van Soar soos die tuin van die HERE, soos Egipteland.
Assur
- 2 Konings 23:29
29In sy dae het Farao Nego, die koning van Egipte, teen die koning van Assirië opgetrek na die Eufraatrivier; en koning Josía het hom tegemoetgetrek, maar dié het hom gedood by Megíddo net toe hy hom sien.
- Jesaja 19:23-24
23In dié dag sal daar ’n grootpad wees van Egipte na Assirië, en Assiriërs sal in Egipte kom en Egiptenaars in Assirië; en Egipte sal saam met Assirië die HERE dien. 24In dié dag sal Israel die derde wees naas Egipte en Assirië, ’n seën in die midde van die aarde,
Teenoor al sy broers
- Genesis 16:12
12En hý sal ’n wilde-esel van ’n mens wees: sy hand teen almal, en almal se hand teen hom! En hy sal teenoor al sy broers woon.