Kruisverwysings → Genesis 25:13

dit is die name van die seuns van Ismael, hulle name volgens hulle afstamming: die eersgeborene van Ismael, Nébajot; dan Kedar en Adbeël en Mibsam

name van die seuns

1 Kronieke 1:29-31
Dit is hulle geslagsregister: die eersgeborene van Ismael was Nébajot, en Kedar en Ádbeël en Mibsam, Misma en Duma, Massa, Hadad en Tema, Jetur, Nafis en Kedma; hulle was die seuns van Ismael.

Nébajot

Genesis 36:3
en Basmat, die dogter van Ismael, die suster van Nébajot.
Jesaja 60:7
Al die kleinvee van Kedar sal vir jou versamel word, die ramme van Nebájot sal jou dien; hulle kom as welgevallige offer op my altaar, en Ek sal my heerlike huis heerlik maak.

Kedar

Psalms 120:5
Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon!
Hooglied 1:5
Ek is bruin gebrand maar lieflik, o dogters van Jerusalem, soos die tente van Kedar, soos die gordyne van Salomo.
Jesaja 21:16-17
Want so het die Here vir my gesê: Binne ’n jaar—soos die jare van ’n dagloner—sal al die heerlikheid van Kedar verdwyn. En wat oorbly van die getal boë van die Kedareense helde, sal min wees; want die HERE, die God van Israel, het dit gespreek.
Jesaja 42:11
Laat die woestyn en sy stede uitroep, die dorpe waar Kedar woon! Laat die rotsbewoners jubel, van die top van die berge af skreeu!