name van die seuns
- 1 Kronieke 1:29-31
29Dit is hulle geslagsregister: die eersgeborene van Ismael was Nébajot, en Kedar en Ádbeël en Mibsam, 30Misma en Duma, Massa, Hadad en Tema, 31Jetur, Nafis en Kedma; hulle was die seuns van Ismael.
Nébajot
- Genesis 36:3
3en Basmat, die dogter van Ismael, die suster van Nébajot.
- Jesaja 60:7
7Al die kleinvee van Kedar sal vir jou versamel word, die ramme van Nebájot sal jou dien; hulle kom as welgevallige offer op my altaar, en Ek sal my heerlike huis heerlik maak.
Kedar
- Psalms 120:5
5Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon!
- Hooglied 1:5
5Ek is bruin gebrand maar lieflik, o dogters van Jerusalem, soos die tente van Kedar, soos die gordyne van Salomo.
- Jesaja 21:16-17
16Want so het die Here vir my gesê: Binne ’n jaar—soos die jare van ’n dagloner—sal al die heerlikheid van Kedar verdwyn. 17En wat oorbly van die getal boë van die Kedareense helde, sal min wees; want die HERE, die God van Israel, het dit gespreek.
- Jesaja 42:11
11Laat die woestyn en sy stede uitroep, die dorpe waar Kedar woon! Laat die rotsbewoners jubel, van die top van die berge af skreeu!