Kruisverwysings → Genesis 25:12

En dit is die stamboom van Ismael, die seun van Abraham, wat Hagar, die Egiptiese, die slavin van Sara, vir Abraham gebaar het

dit is die stamboom van Ismael, die seun van Abraham, wat Hagar, die Egiptiese, die slavin van Sara, vir Abraham gebaar het

Genesis 16:10-15
Verder sê die Engel van die HERE vir haar: Ek sal jou nageslag grootliks vermeerder, sodat dit vanweë die menigte nie getel kan word nie. Ook sê die Engel van die HERE vir haar: Kyk, jy is swanger en sal ’n seun baar, en jy moet hom Ismael noem, want die HERE het jou in jou ellende verhoor. En hý sal ’n wilde-esel van ’n mens wees: sy hand teen almal, en almal se hand teen hom! En hy sal teenoor al sy broers woon. Toe noem sy die Naam van die HERE wat met haar gespreek het: U is ’n God wat sien. Want sy het gesê: Het ek hier ook gesien na Hom wat my sien? Daarom noem hulle die put: Put van Lagai-Roï. Dit lê daar tussen Kades en Bered. En Hagar het vir Abram ’n seun gebaar; en Abram het sy seun wat Hagar gebaar het, Ismael genoem.
Genesis 17:20
Ook wat Ismael aangaan, het Ek jou verhoor. Kyk, Ek seën hom en maak hom vrugbaar en vermeerder hom buitengewoon. Twaalf vorste sal hy verwek, en Ek sal hom ’n groot nasie maak.
Genesis 21:13
Maar Ek sal ook die seun van die slavin tot ’n nasie maak, omdat hy jou kind is.
Psalms 83:7
die tente van Edom en die Ismaeliete, Moab en die Hagareners,