Kruisverwysings → Genesis 24:50

Toe antwoord Laban en Bétuel en sê: Van die HERE kom die saak; ons kan jou daar geen kwaad of goed van spreek nie.

Laban

Genesis 24:15,28,53,55,60
Hy het nog nie klaar gespreek nie, of daar kom Rebekka uit wat vir Bétuel, die seun van Milka, die vrou van Nahor, Abraham se broer, gebore is, met haar kruik op haar skouer. ... Daarna het die dogter geloop en in die huis van haar moeder vertel wat daar gebeur het. ... Daarna het die dienaar silwer- en goue goed en klere uitgehaal en dit aan Rebekka gegee; ook aan haar broer en haar moeder het hy kosbare geskenke gegee. ... Maar haar broer en haar moeder sê: Laat die dogter ’n dag of tien by ons bly; daarna kan jy heengaan. ... En hulle het Rebekka geseën en aan haar gesê: Ons suster, mag jy duisende van tienduisende word, en mag jou nageslag die poort van sy vyande in besit neem!

die saak

Psalms 118:23
Dit het van die HERE gekom; dit is wonderbaar in ons oë.
Mattheüs 21:42
Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ’n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?
Markus 12:11
Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë.

ons

Genesis 31:24,29
Maar God het na Laban, die Arameër, in die nag gekom in ’n droom en vir hom gesê: Pas nou op dat jy met Jakob geen goed of kwaad spreek nie. ... Dit is in my mag om julle skade aan te doen, maar die God van julle vader het verlede nag met my gespreek en gesê: Pas nou op om met Jakob geen goed of kwaad te spreek nie.
2 Samuel 13:22
Maar Absalom het met Amnon geen kwaad of goed gepraat nie, maar Absalom het Amnon gehaat, omdat hy sy suster Tamar onteer het.
Handelinge 11:17
As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, dat ek God kon verhinder?