Kruisverwysings → Genesis 24:48

en ek het my in aanbidding neergebuig voor die HERE en die HERE geloof, die God van Abraham, my heer, wat my op die regte weg gelei het om die dogter van my heer se broer vir sy seun te gaan haal.

neergebuig

Genesis 24:26-27,52
Toe buig die man hom neer en aanbid die HERE met die woorde: Geloofd sy die HERE, die God van Abraham, my heer, wat sy goedertierenheid en sy trou aan my heer nie onttrek het nie. Wat my aangaan, die HERE het my op die weg gelei na die huis van die broers van my heer. ... Toe die dienaar van Abraham hulle woorde hoor, het hy hom voor die HERE neergebuig na die aarde toe.

gelei

Genesis 24:27
met die woorde: Geloofd sy die HERE, die God van Abraham, my heer, wat sy goedertierenheid en sy trou aan my heer nie onttrek het nie. Wat my aangaan, die HERE het my op die weg gelei na die huis van die broers van my heer.
Genesis 22:23
(En Bétuel was die vader van Rebekka.) Hierdie agt het Milka vir Nahor, die broer van Abraham, gebaar.
Eksodus 18:20
en onderrig hulle in die insettinge en die wette, en maak hulle die weg bekend waarop hulle moet gaan, en die werk wat hulle moet doen.
Esra 8:21
Toe het ek daar ’n vastyd uitgeroep aan die rivier Áhawa, om ons te verootmoedig voor die aangesig van onse God ten einde van Hom ’n voorspoedige reis te vra vir ons en ons families en al ons goed.
Psalms 32:8
Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.
Psalms 48:15
dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hý sal ons lei tot die dood toe.
Psalms 107:7
En Hy het hulle gelei op ’n regte pad om te gaan na ’n stad om in te woon.
Spreuke 3:5-6
Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.
Spreuke 4:11
In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree;
Jesaja 48:17
So sê die HERE, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die HERE jou God, wat jou leer wat heilsaam is, wat jou lei op die weg wat jy moet gaan.