Kruisverwysings → Genesis 24:47

Toe vra ek haar en sê: Wie se dogter is jy? En sy antwoord: Die dogter van Bétuel, die seun van Nahor wat Milka vir hom gebaar het. Daarop het ek die ring aan haar neus gesit en die armbande aan haar hande,

gesit

Genesis 24:22,53
En toe die kamele genoeg gedrink het, neem die man ’n goue ring, ’n halfsikkel in gewig, en twee armbande vir haar hande, tien sikkels goud in gewig. ... Daarna het die dienaar silwer- en goue goed en klere uitgehaal en dit aan Rebekka gegee; ook aan haar broer en haar moeder het hy kosbare geskenke gegee.
Psalms 45:10,14-15
Dogters van konings is onder u staatsdogters; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir. ... Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding. In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring.
Jesaja 62:3-5
En jy sal ’n sierlike kroon wees in die hand van die HERE en ’n koninklike tulband in die hand van jou God. Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie, en jou land sal nie meer genoem word Wildernis nie. Maar jy sal genoem word: my welbehae, en jou land: die getroude; want die HERE het ’n behae in jou, en jou land sal getroud wees. Want soos ’n jonkman ’n jongedogter trou, so sal jou kinders jou trou; en soos die bruidegom bly is oor die bruid, sal jou God oor jou bly wees.
Esegiël 16:10-13
Ook het Ek jou beklee met veelkleurige klere en vir jou skoene van robbevel gemaak, en Ek het jou gehul in fyn linne en jou oordek met sy. Verder het Ek jou met sierade versier en armbande aan jou hande gesit en ’n ketting om jou hals. En Ek het ’n ring aan jou neus gesit en oorringe aan jou ore en ’n pragtige kroon op jou hoof. Ja, jy het jou versier met goud en silwer, en jou klere was fyn linne en sy en veelkleurige stowwe; jy het fynmeel en heuning en olie geëet, en jy was buitengewoon mooi en so voorspoedig dat jy koninklike waardigheid bereik het.
Efésiërs 5:26-27
om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.