Kruisverwysings → Genesis 24:44

en wat my sal antwoord: Drink u self, en ook vir u kamele sal ek skep—sý is die vrou wat die HERE vir die seun van my heer bestem het.

ook

Jesaja 32:8
Maar die edele beraam edele dade, en hý hou stand in wat edel is.
1 Timótheüs 2:10
maar, soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke.
Hebreërs 13:2
Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg.
1 Petrus 3:8
EN eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik.

die vrou

Genesis 24:14
Laat dít nou tog gebeur: as die dogter aan wie ek sal sê: Hou tog jou kruik, dat ek kan drink, antwoord: Drink, en ek sal ook u kamele laat drink—dan is sy dit wat U bestem het vir u kneg Isak, en daaraan sal ek weet dat U guns aan my heer bewys het.
Genesis 2:22
En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ’n vrou en bring haar na die mens.
Spreuke 16:33
In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die HERE.
Spreuke 18:22
Wie ’n vrou gevind het, het iets goeds gevind en ’n welgevalle van die HERE verkry.
Spreuke 19:14
Huis en goed is ’n erfenis van die vaders, maar ’n verstandige vrou is van die HERE.