Kruisverwysings → Genesis 24:31

en gesê: Kom in, geseënde van die HERE! Waarom staan jy buitekant terwyl ek die huis reggemaak het en ook plek vir die kamele?

geseënde

Genesis 26:29
jy moet ons geen kwaad doen nie, net soos ons jou nie aangeraak en aan jou niks as goed gedoen het nie en jou in vrede weggestuur het. Jy is nou eenmaal die geseënde van die HERE.
Rigters 17:2
Dié het aan sy moeder gesê: die elfhonderd sikkels silwer wat van u geneem is en waaroor u ’n vloek uitgespreek het en dit ook voor my ore gesê het—hier is die geld by my, ék het dit geneem. Toe sê sy moeder: Mag jy geseënd wees deur die HERE, my seun!
Rut 3:10
En hy sê: Geseënd is jy deur die HERE, my dogter! Jy het jou laaste liefde beter gemaak as die eerste, omdat jy nie agter jongmanne, arm of ryk, aan geloop het nie.
Psalms 115:15
Julle is geseënd deur die HERE wat hemel en aarde gemaak het.
Spreuke 17:8
Kosbare edelgesteente is die omkoopgeskenk in die oë van sy besitter; oral waar hy heengaan, sal hy slaag.
Spreuke 18:16
Die geskenk van iemand maak vir hom ruimte en bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes.