CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 24:27

met die woorde: Geloofd sy die HERE, die God van Abraham, my heer, wat sy goedertierenheid en sy trou aan my heer nie onttrek het nie. Wat my aangaan, die HERE het my op die weg gelei na die huis van die broers van my heer.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 24:27 in konteks →

Geloofd

  1. Genesis 24:12

    12en gesê: HERE, God van Abraham, my heer, laat ek haar tog vandag ontmoet, en bewys guns aan Abraham, my heer.

  2. Genesis 9:26

    26Verder het hy gesê: Geseënd is die HERE, die God van Sem. Maar Kanaän moet sy dienskneg wees.

  3. Genesis 14:20

    20En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.

  4. Eksodus 18:10

    10Daarop sê Jetro: Geseënd is die HERE wat julle verlos het uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van Farao, wat die volk onder die hand van die Egiptenaars uit verlos het.

  5. Rut 4:14

    14Toe sê die vroue vir Naómi: Geloofd sy die HERE wat aan jou vandag ’n losser nie laat ontbreek het nie! En mag sy naam in Israel geroem word!

  6. 1 Samuel 25:32,39

    32Toe sê Dawid vir Abígail: Geseënd is die HERE, die God van Israel, wat jou vandag my tegemoet gestuur het! … 39Toe Dawid hoor dat Nabal dood was, sê hy: Geseënd is die HERE wat die regsaak, in die smaad my aangedoen, teen Nabal verdedig het en sy kneg teruggehou het van die kwaad, terwyl die HERE die kwaad van Nabal op sy eie hoof laat neerkom het. En Dawid het by Abígail aansoek laat doen om haar vir hom as vrou te neem.

  7. 2 Samuel 18:28

    28En Ahímaäs het uitgeroep en aan die koning gesê: Vrede! En hy het hom voor die koning gebuig met sy aangesig na die aarde en gesê: Geloofd sy die HERE u God wat die manne oorgelewer het wat hulle hand teen my heer die koning opgetel het.

  8. 1 Kronieke 29:10-13

    10EN Dawid het die HERE geloof voor die oë van die hele vergadering, en Dawid het gesê: U sy geloofd, HERE, God van ons vader Israel van ewigheid tot ewigheid. 11Aan U, HERE, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, HERE, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles. 12En die rykdom en die eer kom van U, en U heers oor alles; en in u hand is krag en mag, en in u hand is dit om alles groot en sterk te maak. 13En nou, onse God, ons loof U, en ons prys u heerlike Naam.

  9. Psalms 68:20

    20Geloofd sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela.

  10. Psalms 72:18-19

    18Geloofd sy die HERE God, die God van Israel, wat alleen wonders doen! 19En geloofd sy vir ewig sy heerlike Naam! En laat die hele aarde met sy heerlikheid vervul word! Amen, ja amen.

  11. Lukas 1:68

    68Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het,

  12. Efésiërs 1:3

    3GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,

  13. 1 Timótheüs 1:17

    17Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.

goedertierenheid

  1. Genesis 32:10

    10ek is te gering vir al die gunste en al die trou wat U aan u kneg bewys het; want ek het met my staf oor hierdie Jordaan getrek en nou twee laers geword.

  2. Psalms 98:3

    3Hy het gedink aan sy goedertierenheid en sy trou aan die huis van Israel; al die eindes van die aarde het die heil van onse God gesien.

  3. Psalms 100:5

    5Want die HERE is goed, sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.

  4. Miga 7:20

    20U sal trou bewys aan Jakob, goedertierenheid aan Abraham, wat U aan ons vaders met ’n eed beloof het sedert die dae van die voortyd.

  5. Johannes 1:17

    17Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

die HERE

  1. Genesis 24:48

    48en ek het my in aanbidding neergebuig voor die HERE en die HERE geloof, die God van Abraham, my heer, wat my op die regte weg gelei het om die dogter van my heer se broer vir sy seun te gaan haal.

  2. Spreuke 3:6

    6Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.

  3. Spreuke 4:11-13

    11In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree; 12as jy loop, sal jou treë nie belemmer word nie, en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie. 13Hou vas aan die tug, laat dit nie los nie; bewaar dit, want dit is jou lewe.

  4. Spreuke 8:20

    20Ek wandel op die weg van geregtigheid, in die middel van die paaie van reg,

broers

  1. Genesis 24:4

    4maar dat jy na my land en my familie sal gaan om vir my seun Isak ’n vrou te neem.

  2. Genesis 13:8

    8Toe sê Abram vir Lot: Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou, en tussen my wagters en jou wagters nie; ons is mos broers.

  3. Eksodus 2:11,13

    11En in dié dae toe Moses al groot was, het hy na sy broers uitgegaan en hulle harde arbeid aangesien. En hy het gesien hoe ’n Egiptiese man ’n Hebreeuse man, een uit sy broers, slaan. … 13Die volgende dag het hy weer uitgegaan, en daar was twee Hebreeuse manne wat met mekaar veg. Hy vra toe vir die een wat ongelyk gehad het: Waarom slaan jy jou naaste?