Kruisverwysings → Genesis 24:26

Toe buig die man hom neer en aanbid die HERE

Toe buig die man hom neer en aanbid die HERE

Genesis 24:48,52
en ek het my in aanbidding neergebuig voor die HERE en die HERE geloof, die God van Abraham, my heer, wat my op die regte weg gelei het om die dogter van my heer se broer vir sy seun te gaan haal. ... Toe die dienaar van Abraham hulle woorde hoor, het hy hom voor die HERE neergebuig na die aarde toe.
Genesis 22:5
En Abraham sê aan sy dienaars: Bly julle hier met die esel; ek en die seun wil daarheen gaan om te aanbid en dan na julle terugkom.
Eksodus 4:31
En die volk het geglo. En toe hulle hoor dat die HERE op die kinders van Israel ag gegee en hulle ellende aangesien het, het hulle in aanbidding neergebuig.
Eksodus 12:27
dan moet julle sê: Dit is ’n paasoffer aan die HERE, wat by die huise van die kinders van Israel in Egipte verbygegaan het, toe Hy die Egiptenaars getref maar ons huise gered het. Toe het die volk in aanbidding neergebuig.
Eksodus 34:8
Toe het Moses hom gou na die aarde toe gebuig en neergeval
1 Kronieke 29:20
Daarna het Dawid aan die hele vergadering gesê: Loof nou die HERE julle God. Toe het die hele vergadering die HERE, die God van hulle vaders, geloof; en hulle het gebuig en voor die HERE en voor die koning neergeval.
2 Kronieke 20:18
Toe buig Jósafat hom met die aangesig na die aarde toe, en die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het voor die aangesig van die HERE neergeval om die HERE te aanbid.
2 Kronieke 29:30
Daarop gee koning Jehiskía en die owerstes aan die Leviete bevel om die HERE te prys met die woorde van Dawid en van Asaf, die siener; en hulle het met blydskap die lofsang aangehef en gebuig en aanbid.
Nehemia 8:7
En Esra het die HERE, die grote God, geloof, en die hele volk het geantwoord: Amen, amen! met opheffing van hulle hande; en hulle het hul gebuig en die HERE aanbid met die aangesig na die aarde toe.
Psalms 22:30
Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie.
Psalms 66:4
Laat die hele aarde U aanbid en psalmsing tot u eer; laat dit u Naam verhef in psalmgesang. Sela.
Psalms 72:9
Die bewoners van dor plekke sal voor hom kniel, en sy vyande sal die stof lek.
Psalms 95:6
Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het.
Miga 6:6
Waarmee sal ek die HERE tegemoetgaan en my buig voor die hoë God? Sal ek Hom tegemoetgaan met brandoffers, met jaaroud kalwers?
Filippense 2:10
sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,