Kruisverwysings → Genesis 24:25

Verder sê sy vir hom: Daar is ook strooi en voer in oorvloed by ons, ook plek om te vernag.

Verder sê sy vir hom: Daar is ook strooi en voer in oorvloed by ons, ook plek om te vernag.

Genesis 18:4-8
Laat hulle tog ’n bietjie water bring, en was u voete, en lê en rus onder die boom. En laat ek ’n stukkie brood gaan haal, en versterk u hart—daarna kan u verder gaan—want daarom het u by u kneg aangekom. En hulle antwoord: Doen soos u gesê het. Toe loop Abraham haastig in die tent na Sara en sê: Maak gou, knie drie mate meel, die beste, en maak roosterkoeke. Daarop loop Abraham na die beeste en vang ’n jong, mooi kalf en gee dit aan die dienaar, wat dit gou klaargemaak het. En hy neem dikmelk en soetmelk en die kalf wat hy klaargemaak het, en sit dit aan hulle voor, terwyl hy self by hulle onder die boom bly staan; en hulle het geëet.
Rigters 19:19-21
alhoewel ons esels strooi sowel as voer het, en daar ook brood en wyn is vir myself en vir u dienares en vir die bediende wat by u dienaars is; daar is aan geen ding gebrek nie. Toe sê die ou man: Vrede vir jou! alleenlik, al wat u kortkom, is vir my rekening; u moet net nie op die plein vernag nie. Daarop het hy hom in sy huis ingebring en aan die esels voer gegee; en nadat hulle hul voete gewas het, het hulle geëet en gedrink.
Jesaja 32:8
Maar die edele beraam edele dade, en hý hou stand in wat edel is.
1 Petrus 4:9
Wees gasvry jeens mekaar sonder om te murmureer.