Kruisverwysings → Genesis 24:22

En toe die kamele genoeg gedrink het, neem die man ’n goue ring, ’n halfsikkel in gewig, en twee armbande vir haar hande, tien sikkels goud in gewig.

neem

Genesis 24:30
Want toe hy die ring en die armbande aan die hande van sy suster sien en die woorde van sy suster Rebekka hoor, naamlik: So het die man met my gespreek—het hy na die man gegaan, terwyl hy nog daar staan by die kamele by die fontein,
Eksodus 32:2-3
En Aäron sê vir hulle: Ruk die goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir my. Toe het die hele volk die goue ringe afgeruk wat aan hulle ore was, en dit na Aäron gebring.
Ester 5:1
OP die derde dag het Ester haar koninklik aangetrek en gaan staan in die binneste voorhof van die paleis van die koning, teenoor die saal van die koning, terwyl die koning op sy koninklike troon sit in die koninklike saal, teenoor die ingang van die saal.
Jeremia 2:32
Kan ’n jonkvrou haar versiersel vergeet, ’n bruid haar pronkgordel? Maar my volk het My vergeet, dae sonder getal.
1 Timótheüs 2:9-10
SO ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie, maar, soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke.
1 Petrus 3:3,8
Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, ... EN eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik.

ring

Eksodus 32:2-3
En Aäron sê vir hulle: Ruk die goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir my. Toe het die hele volk die goue ringe afgeruk wat aan hulle ore was, en dit na Aäron gebring.
Jesaja 3:19-23
die oorversiersels en die armbande en die sluiers; die hoofversiersels en die voetkettinkies en die pronkgordels en die reukflessies en die towermiddels; die vingerringe en die neusringe; die feesklere en die manteltjies en die tjalies en die handsakkies; die handspieëltjies en die hemde en die tulbande en die wye mantels.
Esegiël 16:11-12
Verder het Ek jou met sierade versier en armbande aan jou hande gesit en ’n ketting om jou hals. En Ek het ’n ring aan jou neus gesit en oorringe aan jou ore en ’n pragtige kroon op jou hoof.

halfsikkel

Genesis 23:15-16
My heer, luister na my. ’n Stuk land van vierhonderd sikkels silwer—wat is dit tussen my en u? Begraaf maar u dode. Toe luister Abraham na Efron, en Abraham het aan Efron die geld afgeweeg waarvan hy gespreek het voor die ore van die seuns van Het—vierhonderd sikkels silwer gangbaar by die koopman.