Koning Dawid het toe ingegaan en voor die aangesig van die HERE gebly en gesê: Wie is ek, Here HERE, en wat is my huis, dat U my tot hiertoe gebring het? En dit was nog te gering in u oë, Here HERE, sodat U ook aangaande die huis van u kneg tot ver in die toekoms gespreek het; en dit is die wet vir mense, Here HERE! Maar wat sal Dawid nog verder met U spreek? want U ken u kneg, Here HERE.
’N PSALM van Dawid, toe hy hom kranksinnig gehou het voor Abiméleg en dié hom weggejaag het, sodat hy heengegaan het. Alef. Ek wil die HERE altyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees. Bet. My siel sal hom beroem in die HERE; die ootmoediges sal dit hoor en bly wees. Gimel. Maak die HERE saam met my groot, en laat ons saam sy Naam verhef! Dalet. Ek het die HERE gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered. He. Hulle het Hom aangesien en gestraal van vreugde, en hulle aangesig hoef nie rooi van skaamte te word nie. Sajin. Hierdie ellendige het geroep, en die HERE het gehoor, en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos.
LOOF die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! ... Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders; ... Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders; ... Wie wys is, laat hy op hierdie dinge ag gee, en laat hulle let op die goedertierenhede van die HERE.
EK het lief, want die HERE hoor my stem, my smekinge, want Hy het sy oor tot my geneig; daarom sal ek Hom in my dae aanroep. Bande van die dood het my omring, en angste van die doderyk het my getref; ek het benoudheid en kommer gevind. Maar ek het die Naam van die HERE aangeroep: Ag, HERE, red my siel. Die HERE is genadig en regverdig, en onse God is ’n ontfermer. Die HERE bewaar die eenvoudiges; ek het swak geword, maar Hy het my gehelp. My siel, keer terug tot jou rus; want die HERE het goed aan jou gedoen.
maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink. ... En Hy het saam met hulle gegaan en in Násaret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar.
en gesê: HERE, God van Abraham, my heer, laat ek haar tog vandag ontmoet, en bewys guns aan Abraham, my heer. ... Maar hy antwoord hulle: Moet my nie ophou nie aangesien die HERE my weg voorspoedig gemaak het; laat my trek, dat ek na my heer kan gaan.