Kruisverwysings → Genesis 24:13

Hier staan ek by die fontein, terwyl die dogters van die manne van die stad uitkom om water te skep.

staan ek

Genesis 24:43
ek staan hier by die fontein—laat dít nou tog gebeur: die jongmeisie wat uitkom om te skep en aan wie ek sal sê: Laat my tog ’n bietjie water uit jou kruik drink—
Psalms 37:5
Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;
Spreuke 3:6
Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.

dogters

Genesis 24:11
En hy het die kamele laat neerkniel buitekant die stad by ’n put, teen die aand, teen die tyd dat die vroue uitgaan om water te skep,
Genesis 29:9-10
Terwyl hy nog met hulle praat, kom Ragel met die kleinvee van haar vader aan, want sy het hulle opgepas. Toe Jakob Ragel sien, die dogter van Laban, sy moeder se broer, en die vee van Laban, sy moeder se broer, loop Jakob nader en rol die klip weg van die opening van die put, en hy laat die vee drink van Laban, sy moeder se broer.
Eksodus 2:16
En die priester van Mídian het sewe dogters gehad: dié het gekom om te put en die drinkbakke vol te maak om hulle vader se kleinvee te laat drink.
Rigters 5:11
Vanweë die stem van die boogskutters tussen die drinkplekke, besing hulle daar die regverdige dade van die HERE, die regverdige dade van sy leiding in Israel. Toe het die volk van die HERE afgetrek na die poorte toe.
1 Samuel 9:11
Terwyl hulle die opdraand na die stad opgaan, kom hulle meisies teë wat uitgaan om water te put, en vra vir hulle: Is die siener hier?
Johannes 4:7
Daar kom ’n vrou uit Samaría om water te skep. Jesus sê vir haar: Gee vir My water om te drink —