CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 24:11

En hy het die kamele laat neerkniel buitekant die stad by ’n put, teen die aand, teen die tyd dat die vroue uitgaan om water te skep,

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 24:11 in konteks →

neerkniel

  1. Genesis 33:13-14

    13Maar hy antwoord hom: My heer weet dat die kinders swak is, en dat ek lammerooie en melkkoeie by my het; as ’n mens hulle net een dag ooreis, dan sterf al die kleinvee. 14My heer moet maar voor sy dienaar uit trek, en ék sal op my gemak trek na die gang van die vee wat voor my uit gaan, en na die gang van die kinders, tot ek by my heer in Seïr aankom.

  2. Spreuke 12:10

    10Die regverdige ken die natuur van sy dier, maar die barmhartigheid van die goddelose is wreed.

die vroue uitgaan om water te skep

  1. Genesis 24:13-20

    13Hier staan ek by die fontein, terwyl die dogters van die manne van die stad uitkom om water te skep. 14Laat dít nou tog gebeur: as die dogter aan wie ek sal sê: Hou tog jou kruik, dat ek kan drink, antwoord: Drink, en ek sal ook u kamele laat drink—dan is sy dit wat U bestem het vir u kneg Isak, en daaraan sal ek weet dat U guns aan my heer bewys het. 15Hy het nog nie klaar gespreek nie, of daar kom Rebekka uit wat vir Bétuel, die seun van Milka, die vrou van Nahor, Abraham se broer, gebore is, met haar kruik op haar skouer. 16En die dogter was baie mooi van aansien, ’n jongmeisie, en geen man het haar beken nie. En sy het afgedaal na die fontein en haar kruik volgemaak en weer opgekom. 17Toe loop die dienaar haar tegemoet en sê: Laat my tog ’n bietjie water uit jou kruik drink. 18En sy antwoord: Drink, my heer! Daarop laat sy gou haar kruik op haar hand afsak en laat hom drink. 19Nadat sy hom genoeg laat drink het, sê sy: Ek sal vir u kamele ook skep totdat hulle genoeg gedrink het. 20Dadelik het sy toe haar kruik in die drinkbak leeggemaak en weer na die put geloop om te skep en vir al sy kamele geskep.

  2. Eksodus 2:16

    16En die priester van Mídian het sewe dogters gehad: dié het gekom om te put en die drinkbakke vol te maak om hulle vader se kleinvee te laat drink.

  3. 1 Samuel 9:11

    11Terwyl hulle die opdraand na die stad opgaan, kom hulle meisies teë wat uitgaan om water te put, en vra vir hulle: Is die siener hier?

  4. Johannes 4:7

    7Daar kom ’n vrou uit Samaría om water te skep. Jesus sê vir haar: Gee vir My water om te drink —