Kruisverwysings → Genesis 24:11

En hy het die kamele laat neerkniel buitekant die stad by ’n put, teen die aand, teen die tyd dat die vroue uitgaan om water te skep,

neerkniel

Genesis 33:13-14
Maar hy antwoord hom: My heer weet dat die kinders swak is, en dat ek lammerooie en melkkoeie by my het; as ’n mens hulle net een dag ooreis, dan sterf al die kleinvee. My heer moet maar voor sy dienaar uit trek, en ék sal op my gemak trek na die gang van die vee wat voor my uit gaan, en na die gang van die kinders, tot ek by my heer in Seïr aankom.
Spreuke 12:10
Die regverdige ken die natuur van sy dier, maar die barmhartigheid van die goddelose is wreed.

die vroue uitgaan om water te skep

Genesis 24:13-20
Hier staan ek by die fontein, terwyl die dogters van die manne van die stad uitkom om water te skep. Laat dít nou tog gebeur: as die dogter aan wie ek sal sê: Hou tog jou kruik, dat ek kan drink, antwoord: Drink, en ek sal ook u kamele laat drink—dan is sy dit wat U bestem het vir u kneg Isak, en daaraan sal ek weet dat U guns aan my heer bewys het. Hy het nog nie klaar gespreek nie, of daar kom Rebekka uit wat vir Bétuel, die seun van Milka, die vrou van Nahor, Abraham se broer, gebore is, met haar kruik op haar skouer. En die dogter was baie mooi van aansien, ’n jongmeisie, en geen man het haar beken nie. En sy het afgedaal na die fontein en haar kruik volgemaak en weer opgekom. Toe loop die dienaar haar tegemoet en sê: Laat my tog ’n bietjie water uit jou kruik drink. En sy antwoord: Drink, my heer! Daarop laat sy gou haar kruik op haar hand afsak en laat hom drink. Nadat sy hom genoeg laat drink het, sê sy: Ek sal vir u kamele ook skep totdat hulle genoeg gedrink het. Dadelik het sy toe haar kruik in die drinkbak leeggemaak en weer na die put geloop om te skep en vir al sy kamele geskep.
Eksodus 2:16
En die priester van Mídian het sewe dogters gehad: dié het gekom om te put en die drinkbakke vol te maak om hulle vader se kleinvee te laat drink.
1 Samuel 9:11
Terwyl hulle die opdraand na die stad opgaan, kom hulle meisies teë wat uitgaan om water te put, en vra vir hulle: Is die siener hier?
Johannes 4:7
Daar kom ’n vrou uit Samaría om water te skep. Jesus sê vir haar: Gee vir My water om te drink —