buig hom voor die volk
- Genesis 18:2
2Toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie manne voor hom. En toe hy hulle sien, loop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en buig hom na die aarde toe.
- Genesis 19:1
1EN die twee engele het in die aand in Sodom aangekom, terwyl Lot in die poort van Sodom sit; en toe Lot hulle sien, het hy opgestaan om hulle tegemoet te gaan en hom gebuig met die aangesig na die aarde toe
- Spreuke 18:24
24’n Man met baie vriende word geruïneer, maar daar is ’n vriend wat sterker aanhang as ’n broer.
- Romeine 12:17-18
17vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense; 18as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.
- Hebreërs 12:14
14Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;
- 1 Petrus 3:8
8EN eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik.