Kruisverwysings → Genesis 23:7

Toe staan Abraham op en buig hom voor die volk van die land, voor die seuns van Het;

buig hom voor die volk

Genesis 18:2
Toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie manne voor hom. En toe hy hulle sien, loop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en buig hom na die aarde toe.
Genesis 19:1
EN die twee engele het in die aand in Sodom aangekom, terwyl Lot in die poort van Sodom sit; en toe Lot hulle sien, het hy opgestaan om hulle tegemoet te gaan en hom gebuig met die aangesig na die aarde toe
Spreuke 18:24
’n Man met baie vriende word geruïneer, maar daar is ’n vriend wat sterker aanhang as ’n broer.
Romeine 12:17-18
vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense; as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.
Hebreërs 12:14
Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;
1 Petrus 3:8
EN eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik.