Kruisverwysings → Genesis 22:7

Toe spreek Isak met sy vader Abraham en sê: My vader! En hy antwoord: Hier is ek, my seun! En hy sê: Hier is die vuur en die hout, maar waar is die lam vir ’n brandoffer?

My vader

Mattheüs 26:39,42
En Hy het ’n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil. ... Weer het Hy vir die tweede maal gaan bid en gesê: My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.
Johannes 18:11
Toe sê Jesus vir Petrus: Steek jou swaard in die skede. Die beker wat die Vader My gegee het, sal Ek dit dan nie drink nie?
Romeine 8:15
Want julle het nie ontvang ’n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!

maar waar is

Genesis 4:2-4
Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het ’n skaapherder geword, en Kain ’n landbouer. En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE ’n offer gebring. En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien,
Genesis 8:20
En Noag het vir die HERE ’n altaar gebou en van al die rein diere en al die rein voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring.

lam

Eksodus 12:3
Spreek tot die hele vergadering van Israel en sê: Op die tiende van hierdie maand moet hulle elkeen ’n lam neem volgens die families, ’n lam vir ’n huisgesin.