En die toorn van Elíhu, die seun van Barágeël, die Busiet, uit die geslag van Ram, het ontvlam; teen Job het sy toorn ontvlam, omdat hy homself regverdig beskou het voor God.
En die dienaar het tien kamele van die kamele van sy heer geneem en weggegaan met allerhande kosbare goed van sy heer by hom: hy het klaargemaak en na Mesopotámië, na die stad van Nahor, getrek.
En hy het sy spreuk aangehef en gesê: Uit Aram laat Balak my haal, die koning van Moab—uit die berge van die Ooste: Kom vervloek Jakob vir my, en kom, verwens Israel.
VIR die musiekleier; op die wysie van: „Die Lelie van die Getuienis.” ’n Gedig van Dawid, om te onderrig. Toe hy oorlog gevoer het teen die Arameërs van Mesopotámië en die Arameërs van Soba, en Joab teruggekom en die Edomiete verslaan het in die Soutdal, twaalfduisend. o God, U het ons verstoot, ons vanmekaar geskeur; U was toornig; herstel ons!
U het die land laat bewe, dit gekloof; genees sy breuke, want dit wankel! U het u volk harde dinge laat sien; U het ons bedwelmende wyn laat drink. U het aan die wat U vrees, ’n banier gegee, om te vlug vir die boog! Sela. Sodat u bemindes gered mag word; verlos deur u regterhand en verhoor ons! God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet. Gílead is myne en Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf. Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; jubel oor My, o Filistéa! Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie kan my lei tot in Edom? Het Ú, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie. Verleen ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is ydelheid. In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap.