Kruisverwysings → Genesis 22:16

en sê: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie,

Ek sweer by Myself

Genesis 12:2
En Ek sal jou ’n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ’n seën sal wees.
Psalms 105:9
die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak;
Jesaja 45:23
Ek sweer by Myself; geregtigheid gaan uit my mond, ’n woord wat nie herroep word nie: dat voor My elke knie sal neerbuig, by My elke tong sal sweer.
Jeremia 49:13
Want Ek het by Myself gesweer, spreek die HERE, dat Bosra ’n voorwerp van verbasing, van smaad, ’n woestheid en ’n vervloeking sal word; en al sy stede sal ewige puinhope wees.
Jeremia 51:14
Die HERE van die leërskare het by Homself gesweer: Al het Ek jou vol mense gemaak soos sprinkane, tog sal hulle oor jou ’n vreugdegeroep aanhef.
Amos 6:8
Die Here HERE het by Homself gesweer, spreek die HERE, die God van die leërskare: Ek het ’n afsku van die trotsheid van Jakob en haat sy paleise; daarom lewer Ek die stad oor en al wat daarin is.
Lukas 1:73
aan die eed wat Hy gesweer het vir Abraham, ons vader, om aan ons te gee
Romeine 4:13-14
Want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het Abraham of sy nageslag nie deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof. Want as hulle wat uit die wet is, erfgename is, dan het die geloof waardeloos geword en die belofte tot niet geraak.
Hebreërs 6:13-14
Want toe God aan Abraham die belofte gegee het, het Hy, omdat Hy by geen meerdere kon sweer nie, by Homself gesweer en gesê: Voorwaar, Ek sal jou ryklik seën en jou grootliks vermeerder.