CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 22:14

En Abraham het dié plek genoem: Die HERE sal voorsien! Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die HERE sal dit voorsien word.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 22:14 in konteks →

plek genoem

  1. Genesis 16:13-14

    13Toe noem sy die Naam van die HERE wat met haar gespreek het: U is ’n God wat sien. Want sy het gesê: Het ek hier ook gesien na Hom wat my sien? 14Daarom noem hulle die put: Put van Lagai-Roï. Dit lê daar tussen Kades en Bered.

  2. Genesis 28:19

    19En hy het die plek Bet-el genoem; maar die naam van die stad was tevore Lus.

  3. Genesis 32:30

    30Toe noem Jakob die plek Pniël; want, het hy gesê, ek het God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered.

  4. Eksodus 17:15

    15En Moses het ’n altaar gebou en dit genoem: Die HERE is my banier.

  5. Rigters 6:24

    24Toe bou Gídeon daar ’n altaar vir die HERE en noem dit: Die HERE is vrede! Dit staan vandag nog daar by Ofra van die Abiësriete.

  6. 1 Samuel 7:12

    12Toe het Samuel ’n klip geneem en dit opgerig tussen Mispa en Sen, en dit Ebenhaéser genoem en gesê: Tot hiertoe het die HERE ons gehelp.

  7. Esegiël 48:35

    35rondom agttienduisend el; en die naam van die stad sal van vandag af wees: Die HERE is daar!

Die HERE sal voorsien

  1. Genesis 22:8,13

    8En Abraham antwoord: God sal vir Homself die lam vir ’n brandoffer voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam geloop. … 13En toe Abraham sy oë opslaan, sien hy meteens ’n ram wat agter in die bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer.

  2. Eksodus 17:15

    15En Moses het ’n altaar gebou en dit genoem: Die HERE is my banier.

Op die berg van die HERE

  1. Deuteronómium 32:36

    36Want die HERE sal aan sy volk reg verskaf, en Hy sal medelyde hê met sy knegte as Hy sien dat hulle vashouplek weg is en dit met almal sonder uitsondering gedaan is.

  2. Psalms 22:5-6

    5Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered. 6Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie.

  3. Daniël 3:17-25

    17As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos; 18maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie. 19Toe het Nebukadnésar baie woedend geword en sy gelaatstrekke het verander teenoor Sadrag, Mesag en Abednégo; as antwoord het hy bevel gegee om die oond sewe maal warmer te maak as wat eintlik nodig was. 20En aan sommige van die sterkste manne wat in sy leër was, het hy bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abednégo te boei, om hulle in die brandende vuuroond te gooi. 21Toe is daardie manne geboei met hulle mantels, hulle broeke en hulle tulbande en hulle ander klere aan, en hulle is binne-in die brandende vuuroond gegooi. 22Omdat dan nou die woord van die koning streng en die oond uitermate verhit was, het die vlam van die vuur daardie manne wat Sadrag, Mesag en Abednégo opgeneem het, doodgebrand. 23Maar daardie drie manne, Sadrag, Mesag en Abednégo, het geboeid binne-in die brandende vuuroond geval. 24Toe het koning Nebukadnésar verskrik geword en haastig opgestaan; hy het sy raadsmanne toegespreek en gesê: Het ons nie drie manne geboeid binne-in die vuur gegooi nie? Hulle antwoord en sê aan die koning: Sekerlik, o koning! 25Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar ’n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos dié van ’n godeseun.

  4. Miga 4:10

    10Krimp inmekaar en bring voort, o dogter van Sion, soos een wat baar! Want nou sal jy die stad verlaat en op die veld gaan woon; en jy sal in Babel aankom—dáár sal jy gered word, dáár sal die HERE jou verlos uit die hand van jou vyande.

  5. Johannes 1:14

    14En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid.

  6. 2 Korinthiërs 1:8-10

    8Want ons wil nie hê, broeders, dat julle onbekend moet wees met ons verdrukking wat oor ons in Asië gekom het nie, dat ons dit bo ons krag uitermate swaar gehad het, sodat ons selfs aan ons lewe gewanhoop het. 9Ja, ons het al self by onsself die doodvonnis oor ons gehad, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dode opwek; 10wat ons verlos het uit so ’n groot doodsgevaar en nog verlos; op wie ons hoop dat Hy ook nog sal verlos,

  7. 1 Timótheüs 3:16

    16En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid.