Kruisverwysings → Genesis 22:11

Maar die Engel van die HERE het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!

Engel van die HERE

Genesis 22:12,16
En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie. ... en sê: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie,
Genesis 16:7,9-10
En die Engel van die HERE het haar by ’n fontein in die woestyn gevind, by die fontein op pad na Sur, ... Toe sê die Engel van die HERE vir haar: Gaan terug na jou meesteres en verneder jou onder haar hande. Verder sê die Engel van die HERE vir haar: Ek sal jou nageslag grootliks vermeerder, sodat dit vanweë die menigte nie getel kan word nie.
Genesis 21:17
Toe hoor God die stem van die seun, en die Engel van God het na Hagar geroep uit die hemel en haar gevra: Wat is dit met jou, Hagar? Wees nie bevrees nie, want God het na die stem van die seun geluister op die plek waar hy is.

Abraham, Abraham

Genesis 22:1
NÁ hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!
Eksodus 3:4
Toe die HERE sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses! En hy antwoord: Hier is ek.
1 Samuel 3:10
Toe het die HERE gekom en gaan staan en geroep soos die vorige kere: Samuel, Samuel! En Samuel het geantwoord: Spreek, want u kneg hoor.
Handelinge 9:4
en hy val op die grond en hoor ’n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?
Handelinge 26:14
En toe ons almal op die grond val, hoor ek ’n stem met my spreek en in die Hebreeuse taal sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.