het Hanna nie opgegaan nie; maar sy het aan haar man gesê: Eers wanneer die seun gespeen is, sal ek hom bring, dat hy kan verskyn voor die aangesig van die HERE en daar vir altyd bly.
Maar hy het baie by hulle aangehou, sodat hulle na hom uitgedraai en in sy huis gekom het. En hy het vir hulle ’n maaltyd berei en ongesuurde koeke gebak, en hulle het geëet.
En op die derde dag, die verjaarsdag van Farao, het hy ’n maaltyd vir al sy dienaars berei en die hoof van die voorman van die skinkers en die hoof van die voorman van die bakkers te midde van sy dienaars verhef—
Daarop gaan sy vader na die vrou toe af, en Simson het daar ’n maaltyd berei; want so het die jongmanne gewoonlik gedoen. ... En Simson sê aan hulle: Laat my tog vir julle ’n raaisel opgee; as julle dit vir my reg uitlê gedurende die sewe dae van die maaltyd en dit uitvind, dan sal ek julle dertig hemde en dertig stel klere gee;
Toe Abígail by Nabal kom, het hy juis ’n maaltyd in sy huis aangerig soos die maaltyd van ’n koning; en Nabal se hart was vrolik in hom, en hy was baie dronk; daarom het sy hom niks, klein of groot, meegedeel totdat dit die môre lig word nie.
Toe word Salomo wakker, en—dit was ’n droom! Daarop het hy in Jerusalem gekom en voor die verbondsark van die HERE gaan staan en brandoffers gebring en dankoffers berei en ’n maaltyd vir al sy dienaars aangerig.
in die derde jaar van sy regering, het hy ’n maaltyd berei vir al sy vorste en sy dienaars; die leërmag van Persië en Medië, die vername manne en die vorste van die provinsies was voor hom;