Kruisverwysings → Genesis 21:34

En Abraham het baie dae as vreemdeling in die land van die Filistyne vertoef.

Abraham het baie dae as vreemdeling in die land van die Filistyne vertoef

Genesis 20:1
EN Abraham het daarvandaan weggetrek na die Suidland en gaan woon tussen Kades en Sur en in Gerar as vreemdeling vertoef.
1 Kronieke 29:15
Want ons is vreemdelinge en bywoners voor u aangesig soos al ons vaders; ons dae op die aarde is soos ’n skaduwee, en daar is geen verwagting nie.
Psalms 39:13
Hoor, HERE, my gebed, en luister na my hulpgeroep; swyg nie by my trane nie; want ek is ’n vreemdeling by U, ’n bywoner soos al my vaders.
Hebreërs 11:9,13
Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ’n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte. ... In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was.
1 Petrus 2:11
GELIEFDES, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;