Kruisverwysings → Genesis 21:33

En hy het ’n tamarisk in Berséba geplant en daar die Naam van die HERE, die ewige God, aangeroep.

tamarisk

Amos 8:14
hulle wat sweer by die skuld van Samaría, en ook sê: So waar as jou god leef, o Dan! en: So waar as die weg van Berséba leef! En hulle sal val en nie weer opstaan nie.

Berséba

Deuteronómium 16:21
Jy mag vir jou nie ’n heilige boomstam—enige boom—plant langs die altaar van die HERE jou God wat jy vir jou sal maak nie.
Rigters 3:7
En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en die HERE hulle God vergeet en die Baäls en die heilige boomstamme gedien.

Naam van die HERE

Genesis 4:26
En ook vir Set is ’n seun gebore, wat hy Enos genoem het. Toe het hulle die Naam van die HERE begin aanroep.
Genesis 12:8
En daarvandaan het hy verder versit na die gebergte oos van Bet-el en sy tent opgeslaan tussen Bet-el aan die weste- en Ai aan die oostekant, en daar vir die HERE ’n altaar gebou en die Naam van die HERE aangeroep.
Genesis 26:23,25,33
Daarna het hy vandaar opgetrek na Berséba. ... Toe bou hy daar ’n altaar, en hy het die Naam van die HERE aangeroep en daar sy tent opgeslaan; en die dienaars van Isak het daar ’n put gegrawe. ... En hy het dit Seba genoem. Daarom is die naam van die stad Berséba tot vandag toe.

ewige God

Deuteronómium 33:27
Die ewige God is ’n woning, en onder—ewige arms; en Hy het die vyand voor jou uit verdrywe en gesê: Verdelg!
Psalms 90:2
Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.
Jesaja 40:28
Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ’n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.
Jesaja 57:15
Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.
Jeremia 10:10
Maar die HERE is waarlik God, Hy is die lewende God en ’n ewige Koning; vir sy toorn beef die aarde, en die nasies kan sy grimmigheid nie verdra nie —
Romeine 1:20
Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;
Romeine 16:26
maar nou geopenbaar is en deur die profetiese Skrifte bekend gemaak is onder al die heidene, volgens die bevel van die ewige God, tot gehoorsaamheid van die geloof —
1 Timótheüs 1:17
Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.