CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 21:32

So het hulle dan ’n verbond gesluit in Berséba. Daarna het Abiméleg en Pigol, sy leërowerste, klaargemaak en na die land van die Filistyne teruggegaan.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 21:32 in konteks →

So het hulle dan ’n verbond gesluit in Berséba

  1. Genesis 21:27

    27Toe neem Abraham kleinvee en beeste en gee dit aan Abiméleg; en hulle twee het ’n verbond gesluit;

  2. Genesis 14:13

    13Toe kom daar een wat vrygeraak het, en vertel dit aan Abram, die Hebreër, wat woonagtig was by die terpentynbome van Mamre, die Amoriet, broer van Eskol en broer van Aner; en hulle was bondgenote van Abram.

  3. Genesis 31:53

    53Die God van Abraham en die God van Nahor, die God van hulle vader, sal regter tussen ons wees. En Jakob het gesweer by die Vrees van sy vader Isak.

  4. 1 Samuel 18:3

    3Toe sluit Jónatan met Dawid ’n verbond, omdat hy hom liefgehad het soos sy eie siel.

die Filistyne

  1. Genesis 10:14

    14en die Patrusiete en Kasluhiete—waaruit die Filistyne voortgekom het—en Kaftoriete.

  2. Genesis 26:8,14

    8En toe hy al ’n lang tyd daar was, kyk Abiméleg, die koning van die Filistyne, deur die venster uit en sien hoe Isak speel met Rebekka, sy vrou. … 14hy het troppe kleinvee en beeste gehad en baie bediendes, sodat die Filistyne hom beny het.

  3. Eksodus 13:17

    17TOE Farao die volk laat trek het, het God hulle nie op die pad na die land van die Filistyne gelei nie, alhoewel dit nader was; want God het gesê: Die volk kan dalk berou kry as hulle oorlog sien en teruggaan na Egipte.

  4. Rigters 13:1

    1EN toe die kinders van Israel weer doen wat verkeerd is in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Filistyne, veertig jaar lank.