Kruisverwysings → Genesis 21:31

Daarom noem hulle dié plek Berséba, omdat hulle twee daar gesweer het.

noem hulle dié plek

Genesis 26:33
En hy het dit Seba genoem. Daarom is die naam van die stad Berséba tot vandag toe.

Berséba

Genesis 21:14
Toe is Abraham die môre vroeg op, en hy het brood en ’n sak met water geneem en dit aan Hagar gegee deur dit op haar skouer te sit, en ook die kind, en haar weggestuur. Sy het toe weggegaan en rondgedwaal in die woestyn van Berséba.
Genesis 26:23
Daarna het hy vandaar opgetrek na Berséba.
Josua 15:28
en Hasar-Sual en Beër-Seba en Bisjótja,
Rigters 20:1
TOE het al die kinders van Israel uitgetrek, en die vergadering het soos een man, van Dan tot Berséba, saam met die land Gílead, byeengekom by die HERE in Mispa;
2 Samuel 17:11
Maar ek raai aan: Laat die hele Israel van Dan tot Berséba, soos sand wat aan die seestrand is in menigte, voltallig by u versamel word; en u moet persoonlik in die stryd trek.
1 Konings 4:25
sodat Juda en Israel veilig gewoon het, elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, van Dan tot Berséba, al die dae van Salomo.