Kruisverwysings → Genesis 21:30

En hy antwoord: Die sewe ooilammers moet jy uit my hand aanneem, sodat dit vir my ’n getuienis kan wees dat ek hierdie put gegrawe het.

’n getuienis

Genesis 31:44-48,52
Kom dan nou, laat ons ’n verbond sluit, ek en jy, dat dit ’n getuie tussen my en jou kan wees. Daarop het Jakob ’n klip geneem en dit as gedenksteen opgerig. En Jakob het aan sy broers gesê: Bring klippe bymekaar! En hulle het klippe gaan haal en ’n hoop gemaak en daar op die hoop geëet. En Laban het dit Jegar-Sahadúta genoem, maar Jakob het dit Gal-ed genoem. Toe sê Laban: Hierdie hoop is vandag ’n getuie tussen my en jou. Daarom het hulle dit Gal-ed genoem, ... hierdie hoop klippe is getuie, en die gedenksteen is getuie dat ék na jou kant toe hierdie hoop nie sal verbytrek nie, en dat jý na my kant toe hierdie hoop en hierdie gedenksteen nie sal verbytrek met slegte bedoelinge nie.
Josua 22:27-28
maar dat dit ’n getuie kan wees tussen ons en julle en ons geslagte ná ons dat ons die diens van die HERE sal waarneem voor sy aangesig met ons brandoffers en ons slagoffers en ons dankoffers, sodat julle kinders later nie aan ons kinders kan sê: Julle het geen deel aan die HERE nie. En ons het gedink: As hulle dit later aan ons en ons geslagte sou sê, sal ons sê: Kyk na die boustyl van die altaar van die HERE wat ons vaders gemaak het, nie vir brandoffer en nie vir slagoffer nie, maar ’n getuie is hy tussen ons en julle.
Josua 24:27
Toe sê Josua aan die hele volk: Kyk, hierdie klip sal ’n getuie teen ons wees, want hy het al die woorde van die HERE gehoor wat Hy met ons gespreek het; en hy sal ’n getuie teen julle wees, sodat julle jul God nie verloën nie.